
=====================================================================
Geen anglisisme nie (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Geen anglisisme nie

Koos Human,   Kaapstad.

EK moet -- heel huiwerig -- twee opmerkings van dr. John Kannemeyer in sy   artikel oor Leipoldt (AV, September 1997) betwis. Eerstens die 
geval van J.J. Smith en "Lenteliedjie".   Die "anglisisme" wat Kannemeyer aanhaal ("al die velde's vrolik") is geen anglisisme nie, omdat 
die meervoudsvorm gebruik word. Die oorspronklike weergawe was wel anglisisties: "al die veld is vrolik" waar Leipoldt wil s "die hele 
veld is vrolik". Dit het Smith deurgelaat en so staan dit in vroe drukke, soos in my eksemplaar, die tweede druk van 1917. Selfs in die 
F.A.K.-Volksangbundel van 1936 was dit so.

"Veld" het "velde" geword nadat die Nasionale Pers die bundel by die oorspronklike uitgewer, J.H. de Bussy, oorgeneem het. Toe ek by 
Nasionale Boekhandel begin werk het (1954), is aan my ges dat hierdie verandering (en ander) aangebring is deur L.W. Hiemstra. Ook die 
beswaar teen "gedroogde"   in die rel "'n handvol gruis en gedroogde blare" gaan nie op nie. HAT gee duidelik "droog" ook as werkwoord aan 
met as verlede tyd "gedroog" en verklaar dit so: "Vog ... onttrek deur blootstelling aan son en wind ..." Boonop sou vir my gevoel die 
gebruik van "verdroogde" die musikaliteit wat deur die drie g's geskep word, totaal vernietig.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5118.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

